Tak Nuus
Mei 2022
Goeie dag vriende en Mede-jagters
Out There Adventure skietbaan:
Die Pta-Oos-tak is in die proses om meer skietbane by Out There Adventure-skietbaan te bou. Benewens die bane wat reeds daar beskikbaar is, bou ons 'n 300m- en 'n 200m-baan. Dit is so dat die toekomstige tak skietdae by Out There Adventure gehou kan word in plaas van op twee verskillende bane soos nou. Dieter kon 'n 10 jaar huurooreenkoms met die plaas beding met die opsie om die ooreenkoms vir 'n verdere 10 jaar te verleng. As deel van die ooreenkoms sal Pta-Oos tak twee Saterdae per maand eksklusief vir die gebruik van tak aktiwiteite hê en ons sal 'n persentasie van die skietbaan se inkomste verdien. Dit is 'n goeie manier vir die tak om sy finansies te versterk. Die bou van hierdie nuwe skietbane beloop 'n groot bedrag geld. Ons doen 'n beroep op lede wat ons finansieel wil ondersteun deur bydraes te maak om asseblief die voorsitter te kontak. Bemarking moontlikhede kan ook met die voorsitter bespreek word.
Baan offisiere:
Daar is Baan offisiere wat tans nie as Baan offisier kwalifiseer nie as gevolg van te min aktiwiteite asook wat nog die eksamen moet herskryf. Baan offisiere wat binne hierdie kategorie val, is al per e-pos ingelig, hou asseblief by die inligting wat in daardie e-pos oorgedra word. Kontak gerus vir Theo in hierdie verband.
SAJWV Lede Administrasie - eHunter:
Ons wil graag alle lede versoek om hul aktiwiteite op hul onderskeie eHunter-profiele te gaan aanteken. Dit is 'n baie belangrike hulpmiddel wat deur die organisasie gebruik word om statistieke in te samel wat hulle dan gebruik om die belange van jagters en wapen eienaars in Suid-Afrika te help bevorder. Hierdie statistieke help met argumente teen anti-jag groepe en wys die regering hoe aktief ons eintlik is. Jy is in staat om skiet aktiwiteite van SA Jagters of ander geakkrediteerde organisasies aan te teken, asook jagtogte. Dit is ook baie belangrik om altyd te onthou om by enige van die tak geleenthede op die tablet aan te meld.
Nog 'n nuttige kenmerk op die eHunter-webwerf is dat jy jou gewere op jou profiel kan laai en die webwerf sal jou dan betyds aanmanings stuur wanneer lisensies hernu moet word.
Tak Skiet Dag:
Daar gaan nie ‘n tak skietdag wees gedurende Mei nie. Daar vind wel op 21 Mei ʼn induksie plaas vir MDS (Multi Dissiplinêre Sportskiet) by Out There Adventures. Kontak asseblief vir Jacques van Eck (082 566 0529) om deel te wees of vir meer inligting.
Maandelikse Lede aand – 18 Mei 2022:
Hierdie maand se lede-aand word by Round Table Community Hall, 19 26ste Straat, Menlopark gehou. Die aand begin om 18:30 vir 19:00. Die spreker vir die aand is Marius Koekemoer en hy sal praat oor veilige hawe vir reptiele. Na die spreker gaan daar lekker saam gebraai word. Bring asseblief jou eie vleis, drinkgoed en eetgerei.
Toegewyde Jagters en Toegewyde Sport skut:
Die volgende Toegewyde Jagters en Toegewyde Sport skut kursusse gaan 9 Junie en 20 Oktober aangebied word. Enige belangstellendes kan ‘n epos stuur aan ptaoosjagters@gmail.com of kontak Theo Potgieter by 071 323 4253. Die kostes is R800 vir Sport skut kursus en R1000 vir Toegewyde Jagter kursus. Stuur asseblief kontak besonderhede sodat ons die nodige aansoekvorms sowel as bank besonderhede kan aanstuur. Handleidings van die onderskeie kursusse moet ook 10 dae voor die opleiding afgehaal word by Theo. Lede word daaraan herinner dat die afsnydatum van die indienings tydperk vir Toegewyde jagter- en Sport skut aktiwiteite einde Oktober is.
As gevolg van die Covid-pandemie is die afgelope 2 jaar as 'n grasietydperk gegee en die status is oorgedra. Hierdie jaar is dit egter terug na die voor Covid-tydperk. Geen aanmaning word aan lede gestuur om hulle te herinner nie. Dit is elke lid se eie verantwoordelikheid om hul status op datum te hou.
Trofee Register:
Enige lede wat hulle jagtrofee wil laat meet, om dit op die Pta-Oos Tak- of SAJWV Nasionale- databasis te voeg kontak gerus vir Andy Sutton. Andy sal ook trofees kan meet tydens lede aande en skiet dae. U kan Andy Sutton kontak by 0836113953 om 'n afspraak te maak om u trofeë by sy huis te laat meet.
Fondsinsameling Veiling: Die komitee is in die proses om 'n veiling te reël om geld vir die bewaring fonds in te samel. Dit is dringend nodig om die fonds aan te vul. As daar lede is wat items wil skenk vir die veiling, kontak ptaoosjagters@gmail.com of skakel Theo Potgieter by 071 323 4253.
Pta-Oos Facebook en Instagram Blaaie:
Lede word versoek om enige jag foto’s, oud of nuut, aan ons te stuur om op die Facebook en Instagram blad te plaas. Stuur gerus foto’s na Fanie Ungerer by fanieungerer@yahoo.com of op WhatsApp by 0832819780. Saam met die foto gee ‘n klein beskrywing van afstand, kaliber ens. Grusame foto’s met uitermatige bloed sal nie gebruik kan word nie. Ons wil ook alle lede vra om ons te kontak as hulle vriende en familie nie die maandelikse e-pos berigte ontvang nie.
As u van 'n vriend of kollega weet wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vra hulle om na te gaan of hulle inligting op die eHunter-webwerf korrek is en ook of die epos nie dalk in die Spam lê nie. Vir verdere hulp kan u ons kontak by ptaoosjagters@gmail.com
Pta-Oos Tak Hemde vir 2022: Die komitee het weer besluit om nuwe tak hemde vir 2022 te laat maak. Indien ‘n lid en sy/haar gesin nuwe tak hemde wil bestel, kontak asb. vir Jaco Herbst by jacoh1@gmail.com sodat hy die inligting op sy bestelvorm kan plaas. Bestelvorms sal ook by elke lede aande en by die skietdae wees indien u dan die vorm ook wil voltooi. Verdere besonderhede i.v.m. die hemde sal dan later aan belangstellendes gegee word waarna lede kan besluit of hulle nog wil bestel al dan nie. Daar sal ook hemde wees in Maart om te kan pas om finale mates te bepaal voordat bestelling gefinaliseer sal word. GEEN hemde sal bestel word indien daar nie vooraf betaling ontvang is nie in elke geval.
Jagters groete, Die Komitee