Photo Photo Photo Photo Photo Photo Photo Photo Photo Photo
Home
Welcome to Pretoria East Hunters
Gauteng Noord streek Intertak en Presidentskiet kompetisies 2012
PDF
Print
E-mail
26
Apr
2012

Op 14 April het die dag toe aangebreek dat die manne en dames van Gauteng Noord streek mekaar die stryd aansê. Dit was ‘n heerlike dag met nagenoeg 90skuts wat sake uitgeskiet het in die Intertakskiet, die Presidentskiet sowel as die nuwe uitdaagskiet kompetisies.

Wat die dag meer besonder gemaak het was die borgskap wat Zimbi Guns & Outdoor aan die dag gebied het. Diebbie Sarradinho van Zimbi het almal bederf met ‘n R100 bewys vir hul deelname aan die dag en ook die wenners in elke kategorie het weggestap met lekker pryse. R11500 se pryse het regtig gemaak dat die manne sake met bietjie meer as net die “wen” kon uitskiet. Baie dankie aan Zimbi vir die bydrae. Dit sal ‘n jaarlikse instelling vir die Gauteng Noord skiet word en is dit ‘n voorreg om so die pad saam met Zimbi te stap.

Die dag was fantasties. Die weer het lekker saamgespeel en kon elke skut werklik sy beste uithaal vir die dag. Daar was nie te veel “mirage” met die 300meter Springbokskiet nie en slegs met die Bosveld tabel het die windjie so bietjie geruk en gepluk aan die skuts. Op die uitdaagskietbaan was dit net pret al die pad.

Dankie ook aan Theo van Rooyen en sy span van Spur Atterbury Value Mart wat die dag se kos vars gemaak en voorsien het. Elkeen wat wou het lekker en genoeg ge-eet en gesmul aan die ribbetjies en wors wat hy opgedis het. Die yskoue koeldranke op die skietbaan was ook werklik welkom.

Baie dankie aan elke skut wat die dag kom skiet het. Met die Intertak kompetisie wat jaar na jaar groei in deelname sowel as die Presidentskietskuts wat individueel ingeskryf het, sal die eindrondte later vanjaar werklik iets besonders wees en word baie hoë standaarde verwag by die eindrondtes. Ook aan die lede wat aan die uitdaagskiet deelgeneem het – baie dankie. Dit was lekker om iets anders ook aan te bied en sal die kompetisie net groter en groter word soos tyd verloop. Ook die Aardwolf studentetak het aan die kompetisie deelgeneem en sien uit na volgende kragmetings.

Pretoria Oos se Uitdaag span het die dag se 'Uitdaag reeks' gewen.

Aan Jan van Wyk, skietkoordineerder van Pta Oos, en Piet Peach wat die dag die hoof baanoffisier was en alle reelings tussen die twee van hulle behartig het, baie dankie. Julle het jul werklik uitstekend van jul taak gekwyt. Aan al jul helpers en die bestuursspan van Pta Oos wat gehelp het met die uitvoering van die dag, baie dankie. Julle is almal ‘n groep staatmakers wat agteroor buig om sake te laat vlot. Jul bydraes kan nie in geldwaarde gemeet word nie.

Die Marico Rillers van Marico Bosveld tak het die Intertak Span kompetisie vir dia dag gewen.

Ons sien uit na die eindrondte. Pta Oos behoort goed verteenwoordig te wees daarin. Geluk aan Riaan Kunneke en Jean Minne wat op die dag algeheel 2de en 3de respektiewelik ge-eindig het. Welgedaan!

Volgende jaar maak ons weer so.

Top Skuts vir die dag: 1ste plek AP Conradie (2de van regs), 2de plek R Kunneke (2de van links), 3de plek J Minne (links)
 
SAJWV Jagterskode
PDF
Print
E-mail
25
Jan
2012

Hierby aangeheg die Jagterskode soos versorg na die Kongres die ingebruikneming daarvan bekragtig het.

Die dokument is nie in beton gegiet nie en voorgestelde wysigings sal te alle tye oorweeg word. Kontak asb. Krappies Els ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ) by hoofkantoor vir vrae en voorstelle.
 

Attachments:
Download this file (Hunters Code - Eng A5 groen Finaal 20-01-2012.pdf)Hunters Code[ ]221 Kb
Download this file (Jagterskode Afr A5 groen Finaal 20-01-2012.pdf)Jagterskode[ ]201 Kb
 
<< Start < Prev 1 2 3 Next > End >>

Page 1 of 3

Upcoming Events

Mon Jun 04 @17:00 - 08:00PM
TGJ en TGSS Kursus
Inyathi Park
Tue Jun 05 @17:00 - 08:00PM
TGJ en TGSS Kursus
Inyathi Park
Sat Jun 09 @07:30 - 03:00PM
Branch Shoot
Gen Piet Joubert Shooting Range
Sat Jun 16 @07:30 - 05:00PM
Baviaanspoort Takskiet
Gen Piet Joubert Shooting Range
Thu Jun 21 @19:00 - 09:00PM
Member Evening
Rafters Pub & Grill, Garsfontein Weg Pretoria
Sat Jul 14 @07:30 - 03:00PM
Branch Shoot
Gen Piet Joubert Shooting Range
Thu Jul 19 @10:00 - 12:00PM
Member Evening
Rafters Pub & Grill, Garsfontein Weg Pretoria

Contributors & Advertisements


Warning: fsockopen() [function.fsockopen]: unable to connect to 193.0.6.135:43 (Connection timed out) in /home/content/x/a/d/xadmin10/html/administrator/components/com_joomlastats/count.classes.php on line 1038

Warning: fsockopen() [function.fsockopen]: unable to connect to 200.3.14.10:43 (Connection timed out) in /home/content/x/a/d/xadmin10/html/administrator/components/com_joomlastats/count.classes.php on line 1038

Warning: fsockopen() [function.fsockopen]: unable to connect to 196.216.2.130:43 (Connection timed out) in /home/content/x/a/d/xadmin10/html/administrator/components/com_joomlastats/count.classes.php on line 1038
Gami Websites. Copyright © 2012
S5 Logo